Jongste aktiwiteit:

Veerloos die nagtegaal

Veerloos die nagtegaal

hoe het ek hier beland
in hierdie donker land
wat knaag aan my verstand
bly dryf my na afgrond se rant…

hoe ver moet ek hardloop
hoeveel siele nog verkoop
in swartgalligheid gedoop
van alle menswees kaal gestroop

verskroei…
gebloei….
moeg is ek gestoei…
veryste trane kan nie vloei!

was nie meer my wange skoon
het ek nie ń tuiste om te woon
betaal ek in duurste loon
verduur ek die spuug en hoon

vlerke vlieg nie meer
drome lê in skerwe seer
geen anker om by vas te meer
net brokstukke wat aan flardes skeur…

ek tuur oor verlore tyd
dink aan verlatenheid se spyt
wonder wie verdrink in leë jolyt
wie bejeen wíe met haat en nyd

wêreld jy is mal
wêreld jy braak bittergal
wêreld met jou vals geskal
wat wentel in die groot heelal

om en om en om
in spasies leeg en dom
wag ek vir die een wat kom
wag ek vir die belofte in hom

weet jy wie is hy
die een wat so diep in my kop bly
die maestro op wie se maat ek gly
teenoor wie ek my sondes bely

swart verrys hy uit moddergrond
grinnik wat pryk om sy bitter mond
grynslag so afskuwelik terstond
jy, ja jý –
my donker gulsige pikswart hond!

vir oulaas sal ek tuimelval
in limbo hang as veerloos nagtegaal
my stem gestil in wasembal
wat woordloos pleit –
soos egos by die krans afval!

©️ Bonita van der Berg
15/01/2021




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed