Jongste aktiwiteit:

rym die raam

–
vandag, soos elke dag
trek sonstrale my duin
se profiel in lang drade
in die duin strate op
–
eerste lig se wasem
soos nette oor die see
gespan tot natuur vir
ontbyt begin aansit
–
rame van flitse wat
ewig kom en gaan
in aarde se bestaan
in mens-oë vertolk
–
tog is alles geraam
rym alles se bestaan
planmatig ontplooi
sekondes tot eeue
–
sweef my siel rustend
dobber op tyd se golwe
verdwyn in mis wolke
van millennia se rym
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed