Jongste aktiwiteit:

Kaalvoet Vrou-wees

Die kaalvoet vrou ‘n eike skaduwee, stil, sterk, standvastig, diepgewortel in Gees en waarheid.

In haar takke is rus, vrede en liefde. Haar groen lower blare ritsel fluistering als is onder beheer… My Kaalvoet kind.

Plek-plek is haar bas gekrap, gesny, weggeskeur deur die lewenswinde en donderweer. Storms bars, bliksem strale breek… ‘n gil.

Gestroop, verneuk, naak en alleen.

‘n Piet my vrou roep hoog in haar toppe ‘n skril hartseer verlange…

Saggies kom die aandwind weer en trane brand oor haar seer.

Seisoene en jare gaan verby sy staan nogsteeds. In haar skadu vind jy jou inspirasie.

Jy klief regdeur my murg. Stap saam met my ‘n Kaalvoet woestynpad. Deur avontuur en onbekende terreine.

Sielspaaie deur nat gras en klipsteen. Wegsteek voetpaadjie op teen die bult.

Gly spore terug in die seer, veg verbete terug op die pad. Elke asemteug brand soekend uitgeput, soek en jy sal vind.

O rus my siel jy’s moeg. Jou lyf krimp moeg teen harde steiltes van wanhoop.
Pasop wees versigtig, diep klowe regaf… kranse, jy mag nie gly nie.

Jy’t te ver gekom… te ver, jou lyf pyn op plekke voorheen onbekend.

Jy merk nou eers op jy’t nuwe skoene aan. Dis nuut, die verslete stukkende sole het iewers langs die pad verdwyn. Jy was kaalvoet… jy verstaan nie?

Waar kom die nuwe skoene vandaan?
Al besef jy, jy het niks… sny en krap die eindpunte van jou gevoel nie meer nie.

Dit bloei sonder seer.
Skoene wat jy nou dra na nuwe onbekende hoop.

Geskryf 16/12/2016
Uit:
Nina skryf ‘n Storie




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed