Vir liefde en meer
Van weerloos tot vreesloos
Sy liefde is kosteloos
met stille heimweë
Sy Genadebrood ontvang.
Die grusame toneel
wat voor die skare afspeel
aan die kruis vir aasvoëlkos gehang
druppels bloed wat plotsend op die grond neerval.
En die huilende takke treur
wanneer die boom’geraamtes askeur.
‘huilende takke’ blare afval
‘boom’geraamtes’ takke afbreek
(c) Palet – Suzette Strydom
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek