Jongste aktiwiteit:

Droomhuisie

In my gedagtes wêreld
hierdie huisie vasgemessel
volbring in vrede eendag
‘n droom uit te lewer beslis

Nou is jy op ‘n bord vir my geverf
diep hier binne my hart
leef ek in jou elke dag
gegrond in glo dat jy bestaan

Tussen veld en blom elke oggenduur
met voëlgeluid tasbaar soos klokkies
om my heen die soete geur van jasmyn
die oggend son wat heerlik aan my vat

beleef ek die sproei van branders
wat vasslaan teen rots om my heen
‘n droomhuisie by die see
seil my bootjie in die lagoon rond

vry soos ‘n vlinder en vrede in my siel
tasbaar die stilte ek en God alleen
droom ek van kinderhartjies om my heen
te leer van Jesus se liefde groot

Eens die seerste seer beleef
my Maker die beste geneser
alleen wil ek met Hom
in gebede my roeping uitleef

Genadegawes groot ontvang
uitgedeel aan hordes elke dag
sielsvrede het ek ontdek
in Jesusvreugde groot, Halleluja..

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed