Jongste aktiwiteit:

Die mak houtkappertjie

Sy wou die dag voor dou
net vir hom in jasmyn toevou
maar hy: houtkappertjie
het aan haar siel gekerf.

Klopetie-klop deur haar dik bas
deur die kern van haar grys oorjas
sy fluit was so bittersoet mooi
sy kuifie kaleidoskopies getooi

Vroulief het geduldig gewag
tot sy gaatjie huislik kon lag
sy trek toe snoesig binne-in
sy hart se jolige gesang.

Oeps! Nou wys sy ware kleurtjies
deur haar grys oorjas se fyn skeurtjies

© Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed