Jongste aktiwiteit:

Posts tagged "Droom"(Page 2)

om reg wes van oos te draai is soos om reg suid van noord te draai die moeilikste ding in die lewe om heeltemal van rigting te verander – een honderd en tagtig grade om voor te begin, van nuuts af weer onder te begin weer as nuutjie, roof of inkommer te begin hoeveel keer […]

stywe nek spiere sak in gemak holte weg van kop spilpunt veraf ledemate het geen saak sluimer kruip van toontjie tot kroontjie dagwerk agenda-punte verborge onder slaapwolke die REM-slaap* skep swart op swart agendas gooi die droom vensters wawyd oop vir stories sonder draad slaap omhels die chaos bring droom antwoorde van ń hoër orde […]

Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom het jy jou lyf styf teen my aangevly jou mond het my liefkosend verlei en smagtend meegevoer op ‘n droom; my weerstand het skaamteloos begin skroom soos jy my hart oor die afgrond lei wyl jou lippe sag oor my naaktheid gly het begeerte my beheersing deurstroom maar skokkend […]

Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]

my slaap is wakker verwildering dol drome dwelm soos dronkeling nes rekenaargegenereerde beelde pronk ʼn sentourwese uit mitologie in steekse basterrealiteit van drome steeds onverklaarbaar in oneirologie mý hibriede verwronge chimera halfmens halfperd gevleuel skep sidderspelsinestesie tussen sintuiglike werklikheid en onuitgelegde fantasie sonder stang of toom of teuel v l i e g die malheid […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed