Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
ut nulla cupiditate afficiatis
– mooier as lewe is sy emosies raak verdring my hart gee bokspringe al was dit reeds oop gekerf mooi en rein bly altyd mooier saggies en teer soos ‘n veer bewaak tog my hart o Heer teen versoeking wat soek teen emosies so ongetem dit wat gedagtes ontstem elke gruispad se klippers wat my […]
bemin
– solank onbekend onbemind bly sal die wêreld altyd trane stort – met ‘n glimlag die nuwe dag binne so glim jou lig en skyn oor almal – goedgelowigheid lei meestal na skade jy kan net nie meer bekostig om te vertrou – praat jy nog van jou beminde wanneer hou verliefdheid op en begin […]
Songroet (Goud)
daar is soveel mooi in jou koebaai met jou terugkeer net hier om die draai en dis die kleure van jou nagsêblos wat in die stories van my slaap kom blaai Andries Fourie (Seirdna) 12.07.2022
Droombeeld
Ek mymer oor jou waar jou rok sleep in stof talryk soos seesand jy kan niks sien nie maar toe ek wakker word laat ek jou lewe in die goudpleetblare van herfs met my seisoengerigte gedigte. © Zebulon Kochk