Jongste aktiwiteit:

bemin


solank onbekend onbemind bly
sal die wêreld altyd trane stort

met ‘n glimlag die nuwe dag binne
so glim jou lig en skyn oor almal

goedgelowigheid lei meestal na skade
jy kan net nie meer bekostig om te vertrou

praat jy nog van jou beminde
wanneer hou verliefdheid op en begin liefde

soveel groete stuur ek jou
selfs nie ‘n soen is meer heilig

minnaars is daar nie meer
bemindes slegs van weleer

beloftes voor God en die mens
word eenvoudig leë woorde en vergete

hallo en koebaai is die troue verby
selde hou dit langer as die eerste vyf jaar

ligsinnigheid en brasserny te veel
huwelik word nou ‘n skelwoord

ja maar oom, die lewe het aangegaan
en jy het agter gebly by die “ou lewe”

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed