Titel: LAAT MY TOE
Deur Charlene Jordaan Kotzé
Lief, ek wil hoor hoe jou tafe-tefe’s klink –
jou heles, halwes, kwarte en agtstes.
Ek wil dit op vyf swart lyne en wit blad vir jou ink,
en ontdek wat sku-skarrel so in jou gedagtes.
My raaiselmens: jou rustelose bladsye klap
styf toe as ek jou wil lees. Ek wil so graag luister
na die misteriese simfonie onder jou flap
wat jy soms net effe in swat en wit fluister.
Tog primêr in neon kan basuin en harmoniseer,
en in akkoord kan galm – so milddadig.
Laat my toe om dit saam met jou te sinchroniseer
en vir eens jou flikkerfees op te skop – volkleur, baldadig!
© Charlene Jordaan Kotzé (Augustus 2022)