
starre
–
wanneer die stem in my stil word
woorde opdroog in felle stryd
sinne nie meer sin maak nie
gedagtes nie meer brom
dan raak dit baie star
soos stilte voor ‘n storm
wat net feller en stiller raak
gaan klanke van my hartsmelodie
dalk ook die ewige stilte binne
–
©Teãrlach
5 Kommentare
-
morne du preez
Jy kan dit korrek. Maar terug op wat ek eintlik wou stel. Die hartswater loop soms droog soos 'n verouderde vel, maar in al sy plooie lê daar jare se vrugte... en in daai stiltes lê die wysheid van elke melodiek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Met volle eerbied en ontsag erken ek dat ek 'n tikfout gemaak het en daarom behoort die spelling van die woordjie "veller" eerder so te lees: feller en natuurlik ook die felle stryd.