
Alle paaie lei huistoe
Hier, na die eenvoud van my heimat
het my spore teruggekom
in die mandjies op my voorstoep
het ‘n somer bont kom blom
ten spyte van die son se skroei
het die apiesdoring geel gebloei
in die branding van die woestynwind
het ek omgee vir myself gevind
in die koelte van die wildevy
het ek vrede in my hart gekry
die dae het weer sin gemaak
die nagte het weer kort geraak
en ek
na veertig kanaänwinters
heel uit my plek
uiteindelik
weer
ek
©️Elize Kruger
5 Januarie 2022
3 Kommentare
-
Cornien
Ek hou hiervan!
-
Koos Elsum
Die gedig bring die tuis in plek en in eie wese pragtig na vore en herinner my aan die vrede om in altwee tuis te wees dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek