VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
ONTDUISTERING (BRONS)
ONTDUISTERING Wat is dit dan waarna ons almal soek? Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek. Antwoorde wil ons so desperaat hê: op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek. Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie? Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie wat jou trane dep tot jy asemskep? Bestuur die Groot […]
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
groei
– langs twee voetspoor paadjie groei daar droë fynbosse stil wagtend op vog van die nag – teen rand van ‘n baai lê skulpe wat gruis word onder die voete uitwerpsels van die storm see – teen droë duin skor ‘n kolgans bespied omgewing vir gevaar daaglikse weiveld waar sy eet – agter wit sand […]