Jongste aktiwiteit:

ONTDUISTERING (BRONS)

ONTDUISTERING

Wat is dit dan waarna ons almal soek?
Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek.
Antwoorde wil ons so desperaat hê:
op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek.

Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie?
Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie
wat jou trane dep tot jy asemskep?
Bestuur die Groot Hand jou lewensbootjie?

Het jy al nerf-af geval dat jy kerm
as been ontbloot is waar vel nie beskerm?
Is jy so hard láát val om uit te bloei
en jy moes dood speel tot iemand ontferm?

Het jy al bloosrooi gebroos van skaamte
want jou naakte ekheid wys geraamte?
Nes ons res, sonder maskers en klokkies:
ook maar mens in gewone gedaante.

Ons moet sag kekkel en harder luister
na ditjies wat ons ore befluister.
Wat lieflag jy en wat hoendervleis jou?
Jaag jou fladders na tot als ontduister.

© Charlene Jordaan Kotzé
(Julie 2022)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed