Jongste aktiwiteit:

groei


langs twee voetspoor paadjie
groei daar droë fynbosse stil
wagtend op vog van die nag

teen rand van ‘n baai lê skulpe
wat gruis word onder die voete
uitwerpsels van die storm see

teen droë duin skor ‘n kolgans
bespied omgewing vir gevaar
daaglikse weiveld waar sy eet

agter wit sand duine se skerm
verskyn daar plate wit huisies
waar ou mense hul tuiste vind

oor dit alles waai winde woes
bring stories van verre lande
neem kennis van onse strand

takkie vir takkie vermeerder
die gedagtes en drome nou
groei ‘n storie uit sy potlood

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed