Skakering in harlekyn Silwer Mei projek
roesbessie rooi ryp granaat
die kleur van liefde, die kleur van haat
rooi is die kleur van die kelkie wyn
wat moet troos vir die traan
die seer
die pyn
rooi is die roos in die langsteelglas
stille bewys van wat eens was
rooi is die son in die oosterlig
warm sonstrale dans oor my gesig
rooi is die hoop op ’n nuwe dag
want rooi is die kleur van ’n harlekynlag
rooi is die kleur van die ryp granaat
soet is die smaak van sy rooikorrelsaad
soet is die lewe maar bitter sy smaad…
rooi is die liefde – maar so ook die haat
3 Kommentare
-
Elizabeth
Besonder mooi Amanda!
-
Seirdna
Uitstekend Amanda
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek