Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Soet wraak van Herodias

die maan verlig die donker sel, 
gooi sy strale oor die apostel
wat met sy moeë lyf
teen die growwe muur stut
hy sluit sy oë in gebed
terwyl die hoonlag
van besope hoëlui
onheilspellend naderkruip

sy gooi haar heupe sywaarts
en met ‘n wulpse beweging swaai sy
ritmies in sinlike genot
voor Herodus Antipas heen
wellus skuil in elke draai van haar lyf 

in die donker skaduwee grynslag Herodias
haar wraak is soet
op ‘n silwer skinkbord pryk die laaste avondmaal
gevlek met Joodse bloed

©️ Amanda




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed