
Net na dagbreek het ek jou vers gelees
(goud)
Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe
as skopsuile in die donker roep
en as jakkalswelpe huil,
hoedat die kras van honger meeue
in die holte van my oor kan skuil,
dat ek die fluitsang van ’n suikerbek
wil eggo met my mond
en dat ek wis hoe duisend hoewe dreun
as dit klop-en-kletter oor die klippegrond.
Want jou woorde resoneer
en weerklank in my gees.
Net na dagbreek, het ek jou vers gelees.
© Carma Shaw
29 Julie 2020
5:08
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
"dat ek die fluitsang van 'n suikerbek wil eggo met my mond" dit het my weggevoer ek is uiters mal oor die gedig.