Jongste aktiwiteit:

goedertrou

oor my duin stap daar
soms enkelinge met eie idees
dikwels groepe wat laggend gesels
meer dikwels niemand nie
vir dae lank is dit stil
so lê mense ook
gedagtes bloot
op sosiale
media
onbewus
van goedertrou
daar buite sluip ander
wat in “goedertrou” leef
hul floreer op goedertrou
daar kry hul die meeste pret
om oor mense se duine te kom
mors en alles te bevuil met
hul eie misvormde idees
van hoe vieslik vrot
die lewe kan wees

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed