sweef
“Vincit qui patitur”
spikkel rooibosduif kyk vir my
spikkelduif koo-koo vir my;
en ek staar soos hy staar, namekaar-koo-koo,
vir stralende warm son strale wat vir ‘n oomblik streelend ons enig
soos twee verlorenes opsoek,
opsoek na liefde in die stilte van die siel,
wat ritzel in bruin verbluikte takke van winter
waar die gisters met ‘n klapwiek verdwyn in ‘n nuwe kreet
en vir ‘n oomblik gewigteloos sweef…
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.