Herkou
oë staar na niks rooi bloed stol verrot in nuwe lewe. gedagtes in niet gewerp wysheid uit kop gewring oorleef in die sapiens stam. tyd en daad stempel alles tot fyn mis stof verwaaid as droë kompos. gene, goed atome dra vandag nog energie uit talle eeue. ons is verneuk lewe momente is alleen groei […]
4 uur op die snelweg
die nag is somber swart en koud die donkermaan se hiperbool swaai ‘n sekel oor die sand ‘n yswind suis uit hoeke uit en die snytjank van ‘n jakkals eggo rillings oor die land in hierdie vasgestelde uur soos ‘n mistiese swart slang wat die dood se engel aansis lê die snelweg stil en wag […]
aanbod
koue vlieswolke trek oor my duin vul die uitspansel in skakerings van grys meeue skril duik en styg op om mossel skulpe te laat breek en te eet oor die eter kras geluide grof meer as genoeg stof oor-aanbod daarvan laat ore koud hartslag vir ‘n pennie niertjies en lewer duur goud lê nou in […]
Gesig Lyne
planete bal glad en baba rond sonder kuile van vêr af is in werklikheid ń krater gesig. kreukel vry jeug gesig word geroem as dié doel. maar eina stories ets unieke lyne wat roompies nie kan verberg in elke gesig. so kerf energie planeet landskappe sny gesig plooie as bewys van die lewe.
Vreemde Fotos
fotos in muf koeverte lê oop oog, fluister en vertel stories van vorige geslagte. die universeel sien ons skrefie dun as lig puntjies hier en daar in ń donker kol. so sit geslagte op en agter fotos, ek is net ń pixcel in dié skildery.
Uitslae en kommentaar Mei 2020 “Ek wens dat ek…” projek
GEDIGTE: GOUD: WENNER: NO. 8 Carma Shaw met Enkeling in vlug 2DE PLEK: NO. 15 Carma Shaw met Godverlate 3DE PLEK: NO. 7 & 9 –Caren Kearly met Woestyngebed EN Anzé Bezuidenhout met Ingeperkte drome SILWER: WENNER: NO. 3 Andries Fourie met Rooiwyn 2DE PLEK: NO. 2 Andries Fourie met Ode aan my hond Mister […]
Julie 2020 – Klanknabootsings projek
Beste INKers Hierdie maand gaan ons onomatopee (klanknabootsing) in die projek ondersoek en gebruik. Gedigte: Skryf ‘n gedig, in nie meer as 12 reëls nie. Maak gebruik van onomatopee daarin. Die hoeveelheid moet funksioneel wees en daarom is minder beter as meer, maar dit moet ingesluit word. Ek gee ‘n voorbeeld uit Jan FE Cilliers […]