
4 uur op die snelweg
die nag is somber swart en koud
die donkermaan se hiperbool
swaai ‘n sekel oor die sand
‘n yswind suis uit hoeke uit
en die snytjank van ‘n jakkals
eggo rillings oor die land
in hierdie vasgestelde uur
soos ‘n mistiese swart slang
wat die dood se engel aansis
lê die snelweg stil en wag
vir die huswa en sy laksman
en die sluipbreek van die dag.
Seirdna (A Fourie)
2020.07.02
(Silwer klas)
7 Kommentare
-
Viooltjie
Goeie werk, Andries. Dit seil soos ’n slang oor sand, sonder moeite.
-
Koos Elsum
Man dit sal my laat versigtig trap langs dié pad...
-
morne du preez
Goed gedoen Andries ek hou van die verband tussen die snelweg en die dood.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek