aanbod
koue vlieswolke
trek oor my duin
vul die uitspansel
in skakerings
van grys
meeue skril
duik en styg op
om mossel skulpe
te laat breek
en te eet
oor die eter
kras geluide grof
meer as genoeg stof
oor-aanbod daarvan
laat ore koud
hartslag vir ‘n pennie
niertjies en lewer duur
goud lê nou in bees stert
voedsel sekerheid bly
nie net in aanbod
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.