Jongste aktiwiteit:

EK IS – (goud)

Ek is die seemeeu; speels in die wind
ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg
en soms is ek die klank van jou stem

ek is die aand saam met jou onder die palms
toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar

maar vanaand is ek die stilte in jou gister
se suisende sloep-sliep ure
in die voorsekondes toe jy
vir die laaste keer
jou warm lippe om myne kon vou
en die eb en vloed van ons drome
tydloos oor oop strande kon spoel.

© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed