Die Skildery
Die wals is bittersoet soos klawer note wat hang tussen donkerwit verwisselling om die ballingskap te verbreek van drogbeelde wat effelings mor- ‘n Gevangene ontsnap in refrein: ‘’dis jou dissipel wat roep” Eikehoutblare dans veerlig saam die ritselende wind bruingeel, skakeer hulleself oor die groendou gras- Met ‘n naak-wit-vel is jou gif, die swartbloed wat […]
Onman
My Vaderlandsgrond het modder aan ‘n strooilat geword – soveel toutrek en stry oor baaswees en besitreg het ontaard in ‘n woesterny. Die hand wat met liefde saai word genadeloos, berekend afgemaai – die voedingshand wat swoeg van vroeg tot laat vertrap in vergeldingsmaad. My mond word gesnoer stom en verbaas al skree my wese […]
Musiek in my ore. (BRONS)
Musiek in my ore. As die stad se rumoer vir my te veel word, is ek eensklaps weer die standerdses dogter agter op ʼn sleepwa in Keetmanshoop se stofstrate. Soos elke jaar met die aanbreek van Lente is almal in vrolike klere al singende die strate in. Ieder en elk is gegroet en soos net […]
HEERLIKE DAG BY DIE SEE
HEERLIKE DAG BY DIE SEE (Brons) teen die kus vind my siel rus in die kabbel en klots van die branders teen die rots dis wat die swaarheid blus kort daarna behou ons die hitte in ons eers koue litte met die vuur wat naby ons hardop knetter en die hout wat in ons ore […]
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET Vandag was ‘n lang dag. Ek hoor steeds die zoem zoem van mens en karre en bouery en gepratery om my, diep binne my verstand. My kop klop skoon van kopseer saam my hart wat selfs vinnig pomp. Soos gewoonlik op ‘n koue winters namiddag gaan klim ek in […]
ballade van afgode
uitgekerfde boomstompe verweerde klip stapels berge bome en riviere oermense en barbare aanbid steeds afgode diep gewortelde kwaad stryd tussen twee wêrelde donker wêreld en ligte wêreld onoorbrugbare verskille vreesaanjaende self aanbidding barbaarse uitbarstings onversoenbare oortuigings in eeue was dit nooit oorbrug nuwe wêreld wil dit negeer almal onder een afgod regeer kleure word gebruik […]
klanke
kris kras breek die glas praat profete met die gras hef jul oë nou na bowe onder word jul berowe ©Teárlach
rooi stewels (BRONS)
rooi stewels donker donderwolke dreun dansend terwyl die bliksemstrale boosaardig blits klap-klap kletter haelkorrels op die sinkdak en die aarde staan stil stom verdwaas vasteland lê uitgestrek in dor droë vlaktes as die hemele oopskeur in vlae verligting reën sak sissend neer uit wandelende wolke die uitkoms van reën is die aarde se balsem met […]
nuwe seisoen (BRONS)
die winterwind suis sag deur die Witkaree terwyl die seisoen stadig besig is om te draai na warmer dae waar sonbesies skril tjir-tjir en so agtergrondmusiek sal maak vir ons die verdorde veld verdroog deur winterkou ontwaak gaap-gaap deur vleigrasse vaal as lentelug giggelgeurig deur die veld speel weerklank die lied van ʼn nuwe seisoen […]