rooi stewels (BRONS)
rooi stewels
donker donderwolke dreun dansend
terwyl die bliksemstrale boosaardig blits
klap-klap kletter haelkorrels op die sinkdak
en die aarde staan stil stom verdwaas
vasteland lê uitgestrek in dor droë vlaktes
as die hemele oopskeur in vlae verligting
reën sak sissend neer uit wandelende wolke
die uitkoms van reën is die aarde se balsem
met ritseling van briesie oor grasvlaktes
swem druppels in see van oker modder
as ek flaps-flaps met my rooi stewels
dankbaar dans in modderpoele
©Marlene Erasmus
27/07/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek