nuwe seisoen (BRONS)
die winterwind suis sag deur die Witkaree
terwyl die seisoen stadig besig is om te draai
na warmer dae waar sonbesies skril tjir-tjir
en so agtergrondmusiek sal maak vir ons
die verdorde veld verdroog deur winterkou
ontwaak gaap-gaap deur vleigrasse vaal
as lentelug giggelgeurig deur die veld speel
weerklank die lied van ʼn nuwe seisoen
winter van tweeduisend-en-twintig is bykans
iets van die verre verlede as die blousysies
vrolik tjirp en twiet op maat van Rooibekkwelea
se sangerige shoesh-shoesh ‘song’ …
©Marlene Erasmus
26/07/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek