Die Skildery
Die wals is bittersoet
soos klawer note wat hang
tussen donkerwit verwisselling
om die ballingskap te verbreek
van drogbeelde wat effelings mor-
‘n Gevangene ontsnap in refrein:
‘’dis jou dissipel wat roep”
Eikehoutblare dans veerlig
saam die ritselende wind
bruingeel, skakeer hulleself
oor die groendou gras-
Met ‘n naak-wit-vel
is jou gif, die swartbloed
wat die perspienk kosmosse
en die blousel van die lug
se figuur omlyn, soetsuur wyn in ‘n glas-
die dolk die diepste dolk, dit bloei in refrein
“dis jou dissipel wat roep”
‘n Donker karos omhels die lewe om
‘n verdwene aurora
die stil lewe, die doodskrete:
“O’ Gésepito waar is jy?”
“ Ek hoor jou, ek hoor jou ontwaak!”
Kerf jouself in my vel
en ontbloot my aan die elemente
van jou heimwee,
om jou spitsvondigheid te kwinkeleer:
“maar wie is ek?”
‘n Vormlose abissaal,
geboorte die denkbeeldige sitasies
gekerf deur oë in gesprek
bloei uit die polsende hart,
sodat die wat hoor kan sien-
Daar is witlelies langs ‘n kabbelstroom
se kuil,
Daar is witlelies in ons môrestond
wat huil,
daar is dinge wat ek jou nooit voor sal verruil-
Breek my in rym, breek my in refrein
“ek is jou liefde, ek is jou pyn”
©Morné du Preez
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goeie werk. 😊