ballade van afgode
uitgekerfde boomstompe
verweerde klip stapels
berge bome en riviere
oermense en barbare
aanbid steeds afgode
diep gewortelde kwaad
stryd tussen twee wêrelde
donker wêreld en ligte wêreld
onoorbrugbare verskille
vreesaanjaende self aanbidding
barbaarse uitbarstings
onversoenbare oortuigings
in eeue was dit nooit oorbrug
nuwe wêreld wil dit negeer
almal onder een afgod regeer
kleure word gebruik in geveg
gemeng en in bloed gedoop
reënboog humanistiese gereg
bitter alleen staan die enkeling
sing verlore klanke van pyn
bloed en water gebore hemeling
geoffer en verbrand aan kruise
van alle menslikheid ontneem
verkrag en vermoor tot vandag
kinders sonder ouers gelaat
gesinne verbrokkel in haat
morele standaarde vervliet
simpatie verdun in empatie
ander se leed liefs vergeet
moed verlore minderheid
dae en jare sal kom en gaan
terwyl bloed uit die rots tap
wegspoel tot in vergete see
uitroep van wanneer dan tog
verander in knie-buigende sug
maar net nog hierdie dag leef
geen ooreenkoms ooit gehou
geen eed ooit nagekom nie
geen verwagting meer oor nie
hulpelose, reddelose opdrifsels
met blink geverfde muur en dak
aanbid nog steeds hul eie twak
eeue se profetiese woorde
val telkens op dowe ore
die Woord word uitgegiet
nader, nader aan die einde
korter, korter hul gebede
dowwer, swarter hul afgode
trane loop vermeng met bloed
van onskuldiges wat moet boet
vir volke se barbaarse afgodery
dan breek die hemelruim oop
die leërskare met wit vaandel
verskyn met dawerende basuin
al wat afgod-aanbidder kruip
diep in naaste donker grot
geween en knersende tande
die sens word ingesteek
bloed spat en stroom
einde van afgod se droom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.