ek ken ‘n digter
jou ken ek aan die tafereel
van jou gedagtes en werke
jou woorde en sinsnedes
wat my dikwels bybly
waaroor ek lank
nog kan nadink
elke nuanse van jou fiksie
die ondertoon van verse
skilder jou aangesig
op my geestesdoek
waar mý gedagtes
daarmee vermeng
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.