
SIEN JY
Sien jy bose planne tussen rommel en as
voel jy die seer as jy ‘n ma is
ons roep ‘n naam
‘n dogtertjie daar doer in saldanha
laat die klippe uitroep
laat jou voetspore na Jesus toe loop
satans kinders met hul bose planne
lê mammon se gedagtes in hul hande
as jy vat aan ‘n klein kind se hart
die gemeenskap roep
joslin, jirre waar is jy ?
daar is ‘n donker wolk in ‘n ma se hart
sy het nie trane berou of smart
uitverkoop as die dollos val
sangoma moetie met ‘n jakkals vel
laat die kindertjies na my toe kom
was Jesus se bevel
@Loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek