Jongste aktiwiteit:

brief : 1 Jan 2019

my seun luister na my stem
hoor die dringendheid daarvan
maak jou reg vir groot uitdagings
wat hierdie nuwe lewensjaar gaan bied

my dogter luister na my stem
hoor hoe die liefde daaruit spreek
maak jou reg vir baie moeilike tye
wat die nuwe lewensjaar gaan bring

my vrou luister na my stem
hoor die dankbaarheid daarvan
ek sal by jou staan deur dik en dun
hierdie nuwe jaar gaan baie van ons verg

my broer en susters luister na my stem
dit klink maar soos altyd, die stem van kleinboet
maar omgord julle met die waarheid en Lig van Bo
sodat ons saam die nuwe lewensjaar sal kan deursien

my mense luister na my stem
dit roep in die woestyn van argeloosheid
al is julle bevrees en verward, dit praat met jou
daar is hoop en uitkoms, buig voor Hom wat ons liefhet

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed