TOTDAT
TOTDAT
ek is baie en ek is niks
toegedraai in ‘n Josefskleed
staan ek stom soos Moses
met ‘n stok en ‘n droom verlore
noem ek my vissies en brode ‘n buffet
gooi ek die laaste olie uit my kruik om U voete te saf
my laaste ink om U naam te skryf
wag ek vir die kraaie se vergifnis
worstel ek soos Jakob
bid ek soos Hannah
sit ek langs Job
en sing ek soos Dawid
tot die see oopgaan
tot ek Psalm 23 verstaan
tot die mure om Jerigo val
tot die hemel my kom haal
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.