droomdenker
Droom denker
ek droom van hawens waar net ‘n enkel visserboot vasmeer
ek droom van raar lelies wat uitbundig blom in Ikabod valleie
ek droom van wolke sonder krabbers
en ek droom van jou
drome sonder gesigte
drome sonder ‘n einde
drome sonder drome
drome sonder Ikabod valleie
ek droom van ‘n veilige hawe waar ek kan vasmeer
ek droom van ‘n vallei waar ek uitbundig kan blom
ek droom van ‘n sagte warm kaggelvuur
ek droom dat jy droom oor my
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.