sonblompie vrou
sluk ‘n sonneblomsaad om in jou hart te ontkiem sonblompie vrou
draai jou kop na die vlam sodat die strale se geel jou blaartjies se storie goud kan verf
dans in die reën sodat die wortels diep en geil sal groei langs die Jordaan se waterstrome
vul jou longe met suurstof van onse Heer sodat jou sonneblom velde leë harte se skure vol botter sal maak
pluk ‘n sonneblom gerf sonblompie vrou en lê dit in ‘n reënboog se lig voor die deur van iemand wat in monochroom bestaan
vleg ‘n Spreuke 31 kransie en kroon ‘n prinses wat vergeet het wie se kind sy is
ruik aan ‘n sonneblom en wanneer jy glimlag onthou om al die Genade wat jy adem te strooi in die wind
laat jou vrolike blaartjies reën waar die son lanklaas geskyn het deur toegetrekte gordyne vol grou
oes ‘n sonneblom en maak olie om die verdwaaldes mee te salf
was die vlas en weef ‘n kleed vir Josef om Jesus se warmte vir die wêreld te bring
pars die blaartjies sonblompie vrou en hang dit om jou nek as teken
as God jou plant en jys alleen in donker plekke sal ook jy transformeer kleine saadjie in sonskynblom as kroon
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.