Geslagte
as geharde emigrante
in klein skepe met groot tasse
vaar ons na eie gesteelde stukkie grond
eers as soldate dan vryamptenare
in die onbegrensde vreemde
en vrye lande
ons wortels skiet in Hollands Afrika
as sendinglinge van dié beskawing
veg ons met inboorlinge en bure
oor gras en water skaarste
trek gereeld van groen na vaaler
met elke geslag verder
met tyd raak vrygrond erfgoed
gemeenskap word behoud
ons verdedig vee en oeste
tot die bloed vrylik loop
van kaap tot in ver transvaal
het elke plek ook sy eie kerk
tragedies raak later legendes
as stroopsuiker oor bure struwelings
dit bedek welbekende familie skandes
en die belastingaarder en afslaer besoeke
tot net kerkraad plek
ń pleister is op al die skandes
nou is daar op die plaas
net ń paar woorde op geelpapier
bo-or lank ń vervalle advertensie
die nuwe geslagte vlug
met verwronge DNA geheueselle
terug na ou grond
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.