armlastig
om te kan betaal
of om nie te kan betaal
lewenslange ironie
as jy het, kan jy betaal
as jy nie het nie, kan jy nie
die etos van ‘n goeie naam
wat bo alles wil bestaan
jou naam is jou trots
om nie te kan betaal
is om van te kots
jy doen wat jy kan
om ander gelukkig te hou
om brood op die tafel te behou
so nou en dan iets anders te kan kou
skuldeisers wil nie weet waarom
stel net belang in wanneer
bloed uit klip sal drup
doen wat jy kan
die ander is Sy plan
© Tearlach.
ns: om nie persoonlik opgeneem te word nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.