
Muisbruin
Met my muisbruin haartjies,
My sproete en tande sonder draadjies,
Met my seer-blou naels en klein voetjies
Trap ek treurig en soetjies
Die lewe deur en betwyfel
Met elke tree
My lewenspad in al sy weë,
Ek bekommer my oor oorloë
En honger kindertjies
En brandmaer hondjies
Sonder mamma ‘s
Ek bekommer my oor die weer en my hare,
Oor die snelweg en al sy gevare
Maar meestal bekommer ek my
Oor liefde,
Oor sielsrus
Die hemel en ‘n jesus,
Want ek is sag en soetgallig
My siel die oasis,
Geen redding net kommer,
Ek is maar net seer en somber.
-I Kriel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.