
Pollenys*
Pollenys pollenys
jou pragtigste ding
Die satynsagte hoepelrok
waarin ek Saterdag klim.
Bó ʼn manelpak en bolkuil
verkies ek vir jou
As fopdosser my keuse
waarin ek trou!
Pollenys pollenys
hoe spoggerig lyk ek
Bromponie vir ʼn troukar
en halsnoer om die nek.
FAK Sangbundel: “Pollenys”
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Die WAT verduidelik: 1. pollenys s.nw. (ongewoon) Sien 1POLONAISE 1 EN 2: ``Kom ons dans ook,'' fluister Trix ... Die kaal vloerplanke dawer onder ons voete soos ons die pollenys trap, die vensterruite ratel (A. Blignault: Plesierboom, 1967, 145): Dans 2. pollenys s.nw. (ongewoon) Sien 2POLONAISE: Dit (die trourok) kan 'n hoepelrok wees; 'n pollenys --- dit wil sê 'n opgepofde oorrok van driekwart lengte oor 'n ander langer rok wat nie sonder 'n boesel gedra kan word nie (Hudson -- V.d. Merwe in P.W. Grobbelaar, e.a.: Boerewysheid, 1977, 203).