Die lewenspad
Ons loop die paaie,
ferm vir ons gebaan …
Uitgekap in blou graniet.
soms opstandig onbemoedigend,
Soms ‘met n lag,
Maar meesal, meesal met ‘n traan
Dink ons ooit daaraan,
dat die kartering van ons pad oor heuwel deur vallei,
lankal ge-ets is sonder vloek of blaam?
Ons slegs die instrument…
van voldoening
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.