blus
tussen asse gloei dit
elke trekkie van wind
dan vlam dit weer op
soveel prikkels wat spits
elke konfrontasie ‘n blits
met vlammende gevolge
die blus is ver van uit
wit warm die asse wat
elke oomblik kan ontplof
om onder die blus te leef
moet jy beginsel van vuur
goed verstaan en toepas
elke aanstoot het ‘n gevolg
elke gevolg stuur brandstof
na die onblusbare kolebed
hoe lank nog na die blus
sal ons ooit by geblus kom
en vuur nie meer verteer
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.