versmagting – Silwer
versmagting – Silwer
as jy nog een enkele keer
jou oë kon oopmaak
ek jou liefderyk kon aanraak
sou dit ‘n troef wees teen die seer
of sou ek myself blameer
omdat jou leiding langer sou raak
raap my op in herinneringe
omvou my soos spookasemstringe
sodat die bitter kors in my kan kraak
en ek jou ewig sal onthou … volmaak
© Retha van Deventer, 27 Maart 2025.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek