Jongste aktiwiteit:

carpe diem – Silwer

carpe diem – Silwer

 

innerlike vrede is die sonkant van ‘n winterstoep

wat loom om menswees vou

dis die vere in ‘n gunstelling kussing

in ‘n pondok of chateaux

wat drome oproep

dis reëndruppels teen ‘n venster

‘n roos vol dou

dis kinders wat musiek maak

‘n onverwagte whatsapp

wat sê dat jy vir my saak maak

‘n hand teen ‘n hart in samesyn

dis die onskuld in ‘n baba se blik

‘n toebroodjie en ‘n glas wyn

die slot van ‘n liefdesverhaal

dis die sonopkoms

en ‘n maanligstraal

 

 

© Retha van Deventer, 27 Maart 2025.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak