Gemoeds Vlug
Koud en alleen jou arendsvlug…
soek jy ‘n rusplek vir jou voet,
die mooiweers son – ‘n klug,
taan die oranje – rooi gloed.
Wind’rig hang jy in die lug,
swewend op ongekende genade,
soekend jou oë na rus,
talm jou dade.
Wagtend vir die suidooster,
om jou te dra na vrede,
‘n krans in die verte,
uitkoms – jou vrae na rede.
Deur storms en reën,
het jy gevlieg – moeg,
bib’rend tot op die been,
jou siel swaar van wroeg.
Kom skrop nes by Hom,
donserig uitgevoer met kalmte,
mooi uitsig alom,
jou skans, jou warmte.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.