Jongste aktiwiteit:

Ma se gebed

Ek hoor my naam in haar gebed,
waar sy kniel voor haar bed,
smeek sy by my Meester om te sorg
want wat sal tog van my word.

Vee sy ‘n traan af oor al die smart,
kan sy nie maar in staan vir my part,
so magteloos dog kragtig is haar woord,
‘Heer aan u voete – dis waar sy hoort!’

Ma dankie vir daardie gebed,
vir al die trane voor ma se bed,
as die dae nou donker word,
weet ek om my met Sy woord te omgord.

Weet ek om in te tree vir my kind,
om hom aan my Meester vas te bind,
dis gebed wat hom bewaar,
tot die onheils winde bedaar.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed