Droomkind
Kom ons kyk
hoe ruig die wind
sy spiraalhande
om jou, my kind.
Droomkind-
klép toe jou oë;
lê by droom gedagtes
jou dade neer en laat hul groei.
Wit is die wolkies
grys in die na-nag;
want gister was…
‘n asvaal-jas.
©Morné du Preez
Goue afdeling
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek