Versoek van die graf
Versoek van die graf
daar’t ook eenmaal
lank geleë koningsblou
tulpe in my irisse geblom
dit was die dae
toe die son nog
(ongerep)
tinte oor my vel
kon trek –
die geur van nartjie
in my ruik ontplof
nou is my sawwe lyf
ses voet diep begraaf –
maar ek sien jou
(steeds knielend)
by my grafsteen weën
laat dan gaan, onthou
die mooi wat was,
bind jou drome vas
met my tulpeblaar
en weet dat ek van Bo
steeds in liefde na jou staar
hier plant ek vir jou rose sonder dorings
benat dit met jou verlangetraan
waar ek dan reeds
voorbrand in die hemel
vir jou maak vra ek
aan jou my lief,
geniet die ure, dae en jare –
die lewe dwarrel verby
soos amber herfsblare
onthou my –
maar laat my rus
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Anze hierdie is n diep werk wat mens laat hoendervleis kry