
Gister-waens
Op koue kronkel ysterspoor
vol roes en woes erodeer
rol gister- waens hoeka verlore
se wankel wiele eens weer
By die eerste aandoen stasie
wag daar staande ovasie
met polka-kol rokke in rooi
helder lipstiffie , wig-haak getooi
So flits stasies van vêr verlede
in oogwink onge-orden verby
heildronke en luide lawaai
wuif sy vol emosie koebaai
Die skommel sirkel het siklus voltooi
deur herinneringe van toeka se mooi
helder in geheuebank knoop gebind
om ou liaseer-rakke tastend te vind
8 Kommentare
-
-
Arnold
Vergange dae se herinneringe by 'n uitgediende stasie wat verbyglip sonder om enige nostalgiese herinneringe wakker te maak, so leef elk in sy eie wentelbaan.
-
Viooltjie
Dis 'n baie mooi en nostalgiese gedig, Evelyn. Goed gedoen
-
neels
Evelyn het my ou spoorweghart diep geroer met hierdie een
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek was nou op reis die verlede in!