Volledig
Volledig MensVolledig Mens
Hulle sê ek is stom
en dom
‘n “deaf and dumb”
ramp,
kan nie hoor en praat!
Maar ek is ‘n lettervraat
literêr tot baie instaat
en van vriende nooit verlaat—
Ek het sonder skroom
‘n toekomsdroom
besield
die durf in my oë weerspieël
en gebaretaal my stem
verwoord gedagtes ongetemd—
Voortvloeiend uit my hande
‘n vingertaal met sielebande
wat skakel met my hele wese—
Dit soebat, pleit, ween en voel verwese,
juig, boe en kla, raak ontstig
en word soms ook betig!
Ek voel nie ongewens
want ek is volledig mens
omskryf in extenso
so,
ek is tevrede
met ‘n siel en rede,
die stem
en hoor net anders bestemd—
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
-
Kiekies
Jinne, nou kyk ek met nuwe oë en luister deur nuwe ore! Puik gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe tannie Babs hierdie is n pragtige gedig! Ek dink dit moet vreeslik wees om n lewe van stilte te leef.. mens moet elke dag dankbaar wees vir die gebruik van elke sintuig!