Om aan te hou
.
Ek sal aanhou dans as dit donker word
Tot die môrester weer in my hart opkom
Tot die swaeltjies weer op my leë stoep nesmaak
Totdat ek die oase vind in my woestyn
Ek sal aanhou sing al is my liedjie klaar
Op gebroke mineur my kop draai na die son
My esens stuur saammet ‘n verskiete ster
Om te wentel tot die aalwyn weer blom
Ek sal aanhou lag waar die blindes nie kan sien nie
Soos die roos van Saron aanhou rol op my deuntjie
Steeds Dandelions in my huis te rankskik
Leë boeke waarim ek eendag ‘n argief van oorwinning kan nalaat vol son
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.